Duitse visekanselier opponeer Merkel

Die visekanselier in die regering van Angela Merkel, minister Sigmar Gabriel, het aangekondig dat hy die Bondskanselier uitdaag om as die party se kandidaat te staan in die September 2017 verkiesing van Duitsland.

Sigmar Gabriel is ook die huidige minister van finansies wat nou gaan poog om genomineer te word as kandidaat van die Christen Demokratiese Unie (CDU) vir die amp van Bondskanselier.

Minister Gabriel is uitstekend geposisioneer om Merkel die loef af te steek en genomineer te word as kandidaat vir die algemene verkiesing van September.

Anders as Merkel, het hy nooit in omstredenheid verval nie, en verskil met Merkel oor haar beleid van veiligheid en immigrante.

Merkel het reeds drie termyne as Bondskanselier van Duitsland regeer, en kenners meen die poging om ’n vierde termyn te wil regeer, ietwat gewaagd is van haar gesien in die lig dat die koalisie vennoot in Bavaria, Gerhard Schröder, ook nie tevrede is met haar immigrante beleid nie.

Na die terreuraanval van Desember in Berlyn, het die regse Alternatief vir Duitsland verdere groei gekry van kiesers wat erg bekommerd is oor hulle veiligheid en die kultuur veranderings wat in die land plaasvind.

Politieke ontleders in Duitsland is van oordeel dat die koalisievennoot, die Sosiaal Demokratiese Unie grotendeels hulle steun aan visekanselier Sigmar Gabriel sal gee, wat sy kanse om as amptelike kandidaat aangewys te word, verder versterk.

Foto – Visekanselier Sigmar Gabriel