Buitelanders loop deur in Kuruman

Die Bankhara Bodulong sogenaamde informele woonbuurt buite Kuruman was die teiken van plaaslike inwoners toe winkels van uitlanders gestroop is die naweek.

Ongeveer 50 uitlanders het op die vlug geslaan toe meer as 26 winkels gestroop is.

Die geweld word toegeskryf aan ‘n messteek voorval waar ‘n jeugdige deur ‘n uitlander gedood is.  Die vermeende Pakistanse burger sal eersdaags in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord.