Belastinggeld om SAL, Mango en SA Express te “red”

Die regering het bevestig dat miljoene betaal is aan ‘n privaat firma om die samesmelting van SAL, Mango en SA Express te hanteer. ‘n Bedrag van R12,1 miljoen rand word genoem as konsultasiefooi.

In politieke kringe word gesê dit benadruk net weer die onvermoë van die ANC-regering om entiteite winsgewend te bestuur.