Adjunkpremier van Noord-Ierland bedank

Die adjunkpremier van Noord-Ierland,  Martin McGuinness, het onverwags sy bedanking ingedien nadat hy die leier, Arlene Foster, daarvan beskuldig het dat hy die kiesers se wil ignoreer.

Die meerderheid van Noord-Ierland se kiesers het in die referendum gestem ten gunste van voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie.

Martin McGuinness het blykbaar ’n bitter gesprek gehad met Foster, en besluit om in die lig van Foster se gewillige houding om uit die EU te tree, ’n miskenning van die kiesers se wil is.

Die bedanking van die adjunkpremier kan moontlik lei tot ’n vervroegde verkiesing in Noord-Ierland as gevolg van die premier se steun vir die Brexit besluit.

Martin McGuinness is bekend vir sy nasionalisme, terwyl Foster ’n aanhanger van die Britse Kroon is.

In Junie verlede jaar het 58% van die Noord-Ierse kiesers ten gunste van voortgesette lidmaatskap in die EU gestem.

Die moontlikheid dat ’n skeuring weer in die Noord-Ierse regering kan ontstaan is nie uitgesluit nie.

Die huidige regering is saamgestel uit Nasionaliste en Unioniste, maar die struktuur kan enige tyd in duie stort weens die ernstige verskille oor EU lidmaatskap.

Foto – Minister Martin McGuinness