2017 diefstal-jaar

Die eerste tien dae van die nuwe jaar is reeds verby, en as alleen gekyk word na die uitsprake in hierdie kort tyd, word dit al hoe duideliker dat 2017 vir die Afrikaner in besonder, maar vir die blanke in die algemeen, nie noodwendig ‘n aangename jaar gaan wees nie.

Die ANC se staatshoof, Jacob Zuma, het dit ondubbelsinnig uitgespel dat hy hierdie jaar grondonteienings wil toepas. Dus, hy wil blanke grond steel om dit te oorhandig aan mense wat tot dusver bewys het dat hulle geen wil of vermoë het om iets sinvols daarmee te doen nie.

By dieselfde geleentheid tydens die ANC se verjaardagviering, het hy gesê dat die ekonomiese transformasie versnel moet word sodat swartmense meer in die ekonomie betrokke kan raak, sodat hulle ook op bestuursvlak meer prominent sal wees.  Dus wil hy blanke ekonomiese bates, waarvoor oor jare, dekades en selfs eeue hard gewerk is, steel om dit te gee aan mense wat nog geen wil of vermoë geopenbaar het om sinvol daar betrokke te raak nie.

Die ANC se Jeugliga-voormannetjie het geëis dat Zuma se opvolger as leier van die ANC die volgende fase van die revolusie moet lei.

Die vraag kan dus met reg gevra word: watter deel van die revolusie is nog nie voltooi nie?

Die kulturele revolusie is reeds in volle gang vanaf 1994: Afrikaans se status is verlaag; Afrikaanse universiteite en skole is deur middel van die misleidende dubbelmedium-aansprake, onder ons uit gekaap; plek- en straatname is verander; sommige beelde is verwyder en museums met ons geskiedenis bestaan nie meer nie; ander monumente en beelde word gevandaliseer met eise dat dit verwyder of vernietig moet word.

Die grondrevolusie is volstoom aan die gang, met grondeise wat al van 1994 ons eiendomsreg bedreig, en ‘n nuwe wet wat diefstal van ons grond gaan wettig.

Die ekonomiese revolusie is aan die gang met euwels soos “affirmative action” wat ons werksgeleenthede van ons steel, swart bevoordeling onder die mooiklinkende “swart ekonomiese bemagtiging” wat geleidelik ons aandeelhouerskap van ons eie ondernemings onder ons uit steel, en eise en beloftes dat hierdie revolusie van diefstal versnel gaan word.

Die fisiese revolusie is al aan die gang, met plaasmoorde en moorde op blankes in stedelike gebiede wat al alledaags geword het sedert FW de Klerk die ANC en sy kommunistiese maatjies ontban het en terroriste op ons strate vrygelaat het, en ons mense se reg om te lewe, word daagliks gesteel deur die wreedste denkende moorde.

Ons reg om ons mening te lug, staan op die punt om van ons gesteel te word deur wetgewing wat enige vorm van kritiek, sal klassifiseer as haatspraak, diskriminasie of rassisme, en waarvoor ons vryheid dan van ons gesteel gaan word deur stewige tronkstrawwe vir diegene wat dit sou waag om hulle mond oop te maak.

Ja, daar is selfs pogings om ons geloof van ons te steel met uitsprake soos dat die stigting van die ANC vergelyk kan word met die geboorte van Christus, terwyl Christus gekom het om lewe te gee, en die ANC sedert sy stigting nog nie veel meer kon wys as dood deur sy terroristestryd, en sy vernietiging van beskawing wat uiteindelik tot ‘n gewisse dood gaan ly nie.

Ons sal as volk moet saamstaan om hierdie golf van diefstal en revolusie te keer. Dit help nie meer om agteroor te sit en te dink die land se Grondwet sal ons beskerm nie. Dit doen nie. Dit help nie om te wag dat die polisie ons gaan beskerm nie. Hulle doen nie. Dit gaan nie meer help om na die howe te hardloop nie, want hulle draai geleidelik teen ons.

Wat nodig is, is ‘n totale strategiese beplanning hoe ons onsself gaan kan handhaaf, en hoe ons uiteindelik by alle vorme van selfbeskikking kan uitkom, want slegs daarin lê die volhoubare oplossing vir ons as volk om te bly voortbestaan.