Op die volksakker – Wat is rassisme?

VolksakkerDit is opmerklik dat in die “nie-rassige” SA van Mandela en De Klerk was ras uit die staanspoor die primêre bepaler van regeringsbeleid, en dit gaan tans van kwaad tot erger.

“Rassisme” bly die gonswoord en die hoofstroom-media het enkele insiggewende stukke die lig laat sien in afgelope weke, veral nadat Helen Zille onlangs van “rassisme” beskuldig is.

Ook laat die president geen gras onder sy voete groei om “rassisme” te blameer vir die huidige tragedie wat onder sy leiding uitspeel nie.

Die probleem met hoofstroom-media artikels is egter eenogige liberalisme – daardie blinde vertroue in die inherente sukses van die liberaal-humanistiese eksperiment van 1989-94. Groot gewag word gemaak om die ANC-mislukkings te beperk tot die Zuma-era, of hoogstens om foutlyne te soek ná 1999.

Hiermee speel hul die spel van Afrika: die fout is altyd iets of iemand anders s’n.

Die feit bly egter dat solank “rassisme” die skuld gegee word, sal swart nasionale bewussyn dikteer dat blankes in die algemeen, en die Afrikaner by uitstek, as “skuldig” beskou word.

Meer nog: gewaande “skuld” regverdig wraak!  Ons sien dit in die skerp toename van terreur en volksmoord.

Wat is die waarheid?

Natuurlik is daar rantelemente uit volksgeledere wat, met blinde vooroordeel, skuldig staan aan rassehoogmoed.  Dit is en was egter nooit deel van ons volkswese nie, en ons kan sekerlik meer doen om diesulkes uit ons geledere te weer.

Ons volk is egter, danksy die smeltkroes van ons wording oor meer as twee eeue in hierdie land, baie deeglik bewus van die belangrikheid van elke volk se eiesoortigheid en die noodsaak dat elkeen ruimte vir hul ideale en strewes moet hê.

Sedert die struike-grens deur Van Riebeeck geplant, hand-aan-hand met erkenning van Hottento-soewereineteit in húlle gebied, was ons voorsate se beleid altyd een van leef en laat leef.

Daar is wel beslissend opgetree indien grense minagtend en misdadig oorskry is!

Dit was in wese bloot volksnasionalisme in praktyk.

“Rassisme” soos gedefinieer deur die ANC en die liberale dampkring is egter ´n kriminalisering hiervan.  “Rassisme” soos vandag algemeen aanvaar, is blote swart elitisme, gebou op ´n kollektiewe vrees vir (noodwendige) mislukking.

Want in Afrika, sedert die middel 20ste eeu, wil die opkomende swart elite die vrug van Westerse ontwikkeling geniet, maar met ´n onwilligheid tot harde, toegewyde werk om daardie vrug te skep of selfs net in stand te hou.

Rassisme is wel wydverspreid in ons samelewing.  Ware is rassisme bloot ´n verlengstuk van die eng stam-elitsime wat onderliggend was tot elke volksmoord deur Afrika se geskiedenis.

Rassiste is elkeen wat glo een groep is geregtig op voorkeur vir geen rede anders as herkoms nie.

Rassiste is elkeen wat “gelykheid”, “vryheid” uitroep, totdat een uit hul eie geledere voor die reg gedaag word vir misdadigheid en vergrype.

Boweal is rassiste diegene wat ´n idioom van “onderdrukking” lewend wil hou, en daarop ´n ideologie van “restitusie” in stand wil hou – in effek wil daardie groep die vrug pluk van ander se arbeid, en is “rassisme” bloot die valse regverdiging.

Ons word dus opnuut genoop om hierdie ware betekenis van rassisme onder oog te neem.

Hierdie ware verskyningsvorm van rassisme is ook nie tot SA beperk nie: oral waar die inherente tekortkominge van die Afrika-kultusse noodwendig lei tot armoede, oorbevolking en wanaanwending van beskikbare hulpbronne, bied rassisme die uitlaatklep vir frustrasie en geweld.

In SA mond dit uit in die huidige volksmoord en onderdrukkende regeringsbeleid; elders op die kontinent sien ons sedert die 1950’s die skerp toename in volksmoorde ook elders, waar die rasseskeidslyn bloot deur stamskeidslyne vervang is.