Alles gaan oor ras

Redaksioneel3As die ANC staatshoof Jacob Zuma nou een ding reggekry het, is om seker te maak dat rassisme in die land sal bly, en dat die haat en jaloesie teenoor die blankes nie geblus gaan word nie.

Sy opmerking wat hy gemaak het dat hy nie sal bedank nie, omdat dit dan ‘n toegewing aan die sogenaamde wit monopolie is, is seker ‘n duidelike bewys daarvan. Dit is gesê by die ANC Jeugliga, waar daar skynbaar breedvoerig gepraat is oor ekonomiese bemagtiging.

Dit gaan dus nie oor die rykes nie: dit gaan spesifiek oor die sogenaamde wit rykes. Anders sou hy dalk teenspoed kon optel met sy adjunk, Cyril Ramaphosa, of Tokyo Sexwale of nog ‘n handvol swartes wat die stelsel van swart bevoordeling deeglik uitgebuit het om hulleself skatryk te maak.

Intussen is daar weer ‘n herrie nadat iemand op sosiale media verwys het na die land se strande wat skynbaar chaoties is die tyd van die jaar, omdat skynbaar onopgevoede mense dit bemors, met fisieke en geluidsbesoedeling.  Enige vergelyking met iets anders wat onopgevoed is, word persoonlik opgeneem en mense moet inskrywings van hulle sosiale profiele verwyder as hulle nie met bevooroordeelde instellings soos die menseregtekommissie te doen wil kry nie.

Zuma en sy mense mag dus sê wat hulle wil, en kan daarmee wegkom. Ander het nie daardie reg nie. In die proses polariseer hulle die land in etniese groepe.

Intussen het Die Vryburger ‘n onlangse dokument in sy hande wat uitgereik is deur regterpresident D Mlambo van die Gautengse afdeling van die Hooggeregshof.  Dit is ‘n vraelys waarin gevra word vir die rasse besonderhede van aansoekers, respondente en advokate in die mosie hof. Tot hede is daar nog geen antwoord verstrek deur die departement op Die Vryburger se navraag oor wat die doel daarmee is, maar ons vermoede is dat dit geen edele doel is nie, en advokate is nie gretig om die vorm in te vul nie.

Uiteindelik gaan alles om ras, en in besonder aksies teen die blanke ras. Laat ons dit maar reguit noem, en nie probeer om kultuurbegrippe te gebruik om hierdie feit te verbloem of te versag nie.

Dit is ‘n situasie wat nie in ewigheid kan voortduur nie.

Ons standpunt was lank al dat ons graag gestraf wil word met ‘n eie tuisland, en dat ons graag gestraf wil word om dan pasboeke in die ANC-land te dra. Ons sal selfs, soos die Voortrekkers, daarheen gaan met niks, want soos die Voortrekkers die land uit niks ontwikkel het, sal ons dit weer doen.

Ons sal as blankes moet opstaan, en ons eise steeds duideliker en absoluut onbevange moet stel. Dit kan lei tot vervolgings. Maar ons kan, soos in die tyd van die Rebellie, ons vervolgde volksgenote en rasgenote ondersteun met ‘n Helpmekaarfonds.

Dit is natuurlik te sê as ons nie al so verpap geword het deur die valse skuldgevoelens wat op on#s geplaas is, dat ons nie meer ruggraat het om dit te doen nie. Maar dan moet ons ook nie kla nie, en dan maar gedwee die lot wat vir ons bereid word, aanvaar. Die keuse is baie enkelvoudig!