Zuma se min dae het aangebreek

z-8President Jacob Zuma klou vas aan sy amp as verkose eerste burger van die nuwe Suid-Afrika, maar kenners meen sy dae is getel en die einde van sy glorieryke dae van lekker leef word min.

Daar was ’n tyd dat president Zuma druk geplaas het op sy voorganger, Thabo Mbeki om te bedank sodat hy die lekker-leef-pos kan kry.

Nou beleef die eerste burger met sy bedenklike verlede as president, dat derduisende mense wat vir hom gestem het, sy bedanking eis.

Die stryd wat hy probeer wen teen die Openbare Beskermer, was van meet af ’n verloor stryd, en toe hy weier om vrae te antwoord tydens die OB se besoek, het hy sy eie ondergang begin.

Nou word hy, net soos toe hy Mbeki smalend beduie het om pad te gee, self ook beduie om pad te gee, maar sonder ‘n snedige glimlag.

Zuma sal egter onthou word as die swakste regeringshoof wat hierdie land ooit gehad het, om van sy onregmatige optrede nie te praat nie, en sy onverantwoordelike uitsprake het hom die spot van die wêreld gemaak – veral oor sy standerd drie plan om vigs teen te werk deur te stort.

Binnekort is hy totaal vergete, want ek voorspel dat hy gaan sukkel om nog drie maande in die stoel te sit.

Vaarwel president, jy was ’n verleentheid vir die land…..

Gerrie de Bruin