“Wie gaan my huis skoonmaak?”

PerspektiefPerspektief, oftewel ´n beskouing – hoe ons ´n saak verstaan en daarop reageer.

Vryheid het uit ons vroegste pioniersdae, as volk-in-wording, deel van ons volkswese geword. Vryheid wás altyd ´n kleinood waarvoor veel opgeoffer, vir die behoud waarvan gewerk was.

Daar is vandag ´n herontwaking in ons volk merkbaar, of so vertrou ´n klein handjievol volksgenote. En hierdie verwagting – dat ons volk by die regte momentum-punt spontaan sal opstaan en weer werk na vryheid – is ´n mylpaal waarna ons werk, waarvoor ons steeds baie opoffer.

Maar is ons besig om onsself te bluf?

My oë word onlangs geopen vir ´n diepe waarheid wat hierdie verwagting die nek inslaan.  Soos soveel dieptreffende oomblikke van heldere begrip, was dit die opmerking van ´n kind wat my verwagting skud.

Die gesprek wentel rondom ouers en ander volwassenes se kommentare oor die afgelope weke en maande se vergrype, sages, leuens en blatante politiekery – ´n ware piesangrepubliek waar rampokkery seëvier, kampusse en skole brand, geregtigheid skaars is.

Twee gevolgtrekkings word uitgespreek: Die ‘reënboog-eksperiment’ het klaaglik misluk – met vreemdelinge (in terme van waardes) kan nie saam gewerk of saam gebou word terwyl hulle verwoes en afbrand nie! Ons moet weer ´n eie land kry …

“Só praat ´n boerseun!” is my eerste gedagte.

“Maar wie gaan ons huis skoonmaak” is die konsensus-beswaar téén hierdie oplossing …

Koue water.

Doktor Verwoerd, met reg die argitek van afsonderlike ontwikkeling genoem, het ons volk meer as ses dekades gelede vermaan oor volksvreemde arbeid. Hy het ons opgeroep tot selfwerksaamheid, vlyt en offervaardigheid op elke terrein.

Ons, hetsy self of in ons ouers, het anders besluit.  Dekades van luiheid baar nou die wrange vrug dat selfs die daadwerklike besef van die futiliteit van die ‘reënboog’ nagmerrie kan mense nie beweeg tot optrede nie.

Dáárom sal vryheid ´n hersenskim bly, tensy ons ons kinders weer leer arbeid-adel!