Vroulike Taal

afrikaanse-damesDie wese van ‘n taal word dikwels nie ten volle besef nie. Dit gaan nie net oor die woordeskat nie, maar ‘n taal se waarde word ook weerspieël in sy geskiedenis, in volksuitdrukkings, in die kultuur waarin dit ontwikkel het en ook in trotse volksbewustheid. Daarom behoort ‘n regering wat byvoorbeeld nie ‘n Afrikaanse inslag het nie, nie die gesag te hê om die taal te beheer nie. Net soos geskiedenis deur verskillende volke vanuit verskillende hoeke beskou word, beskou hulle ook die woorde en uitdrukkings se betekenis verskillend.

Tans is dit die gebruik in staatsdepartemente en ander owerheidsliggame om die gebruik van vroulike vorme in Afrikaans af te skaf omdat dit sogenaamd gelykstelling bring en die vertaling van soortgelyke Engelse woorde vergemaklik. Dit tas die aard van Afrikaans aan, miskien selfs doelbewus om taaltrots af te breek.

Die verskoning wat aangevoer word dat dit kastig die vroue gelykstel aan die mans, is natuurlik onwaar. Vroue is gelykwaardig aan mans, maar juis nou word daar nie erkenning aan hulle gegee nie. Op hierdie wyse word die vrou eerder onderdruk terwyl hulle verdien om erkenning te kry.

Vroulike vorme soos sekretaresse, voorsitster, swemster, direktrise en redaktrise word vermy. Dan moet die vroulike geslag mos ook as menere aangespreek word om steekhoudend te wees. Daarenteen word aktrise en verpleegster nie maklik met akteur en verpleër vervang nie omdat dit nie as politiek gebruik word nie. Dubbele standaarde!  Waarom moet Afrikaans se aard verander word terwyl dit so mooi onderskei sonder om iemand te beledig of te benadeel. Hoekom moet Afrikaans verander word ten koste van ons eie pragtige gebruike en tradisie en taaleie?  Hoekom moet ons vroue hulle aansien inboet?

Hoekom word van me gepraat as ‘n damespersoon bedoel word. Dit is ook ‘n aantasting van ons taaleie omdat ons gewoonlik nie in afkortings praat nie. Dan moet van me gepraat word (die eerste twee letters) as meneer bedoel word. Trouens, me beteken dan mejuffrou sowel as mevrou en meneer. Hoekom word hier erkenning aan dames gegee?  Om al hoe meer afkortings in Afrikaanse spreektaal in te bring, is juis aftakeling van dit wat eie aan die taal is.

Dit is ook ‘n aantasting van ons taaleie omdat ons gewoonlik nie in afkortings praat nie, tensy ‘n woord moeilik uitgespreek word soos in die geval van DNS (deoksiribonukleïensuur).