Volkseie Beginsels

rsa-embleem-oudDie hieronder aangehaalde bewoording was in 1961 in die aanhef van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika opgeneem. Dit is ‘n geloofsbelydenis waarin regering en volk hulle verantwoordelikheid voor God openlik uitspreek en was oorweldigend aanvaar, nie net deur die regerende party nie. Dit getuig duidelik waaruit die Afrikaner sy krag ontvang en staan in noue verband met geloftes.

“In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, Beskikker oor die lotgevalle van nasies en die geskiedenis van volkere;

Wat ons voorgeslagte uit baie lande byeengebring en hulle hier in hul eie gevestig het;

Wat hul weë deur geslagte bepaal het;

Wat hulle so wonderbaarlik deur gevare gelei het;

Verklaar ons, wat hier as verteenwoordigers van die volk vergader is, dat aangesien ons

Bewus is van ons verantwoordelikheid voor God en die mensdom;

Oortuig is van die noodsaaklikheid om saam te staan

Om die onskendbaarheid en vryheid van ons land te beveilig;

Om die wet en orde daarin te handhaaf;

Om die geluk en die geestelike en stoflike welvaart van almal te bevorder;

Bereid is om ons plig te aanvaar om gesamentlik met alle vredeliewende volkere wêreldvrede te soek; en

Die opdrag wil uitvoer om die Republiek van Suid-Afrika te vestig en ‘n

Grondwet daaraan te gee wat die beste sal aanpas by die tradisies en geskiedenis van ons Vaderland.”

Hierdie woorde herinner aan die (vertaalde) manifes van Piet Retief waar hy geskryf het:

“4. Ons kla oor die onregverdige beskuldigings teen ons as grensboere deur belanghebbende en oneerlike persone onder die dekmantel van godsdiens ingebring. Hulle getuienis word in Engeland geglo en ons bewyse tot die teendeel verwerp. . . . .”

“8. In die loop van ons trektog en in die land van ons vestiging sal ons aan die inboorlinge ons bedoelings bekend maak en hulle van ons begeerte om in vrede en vriendskap met hulle te leef, in kennis stel.”

Let op na die ’welvaart van almal’ in die Grondwet en die ’vrede en vriendskap’ in die manifes wat bewys is, maar sonder rede deur vyandiges verwerp word.

Uit die hele verloop van sy geskiedenis, pas die diepdenkende en wyse Afrikaner sy beginsels op alle gebiede toe. Gemengde sport en gemengde taalgebruik bots met afsonderlike kerke, woongebiede, skole en afsonderlike huwelike. Tog is dit ‘n spontane gevolg dat gemengde sport noodwendig tot gemengde sosiale lewe lei en gemengde sosiale lewe gaan oor tot gemengde huwelike. Die Afrikaner besef die gevaar vir voortbestaan as hy die beginsels van afsonderlike sport en taal prysgee ter wille van oppervlakkige vermaak en ‘n laat maar gaan houding oor sy kultuur.