VF+ het nuwe leier

Pieter GroenewaldDr. Pieter Groenewald is aangewys as VF+ se nuwe leier. Hy volg dr. Pieter Mulder op wat na 15 jaar as leier uitgetree het. Adv. Anton Alberts volg dr. Groenewald op as voorsitter van die party.

Dr. Mulder het aangekondig dat hy nie meer aan die 2019 verkiesing gaan deelneem nie, en dat hy sy opvolger die geleentheid wil gee om homself deeglik te vestig voor die verkiesing.

Dr. Groenewald het gesê dat hy moeg is daarvoor dat minderhede afgeknou word, en wil hê dat alle groepe meer selftrots kweek.. Hy wil VF+ uitbou om ‘n belangrike rolspeler te word in die nasionale politieke landskap.