Transnet pensioenarisse raak ongeduldig, VF+!

Ons pensioenarisse wag nou al 10 jaar dat die Transnet hofsaak afgehandel moet word. Daar is nog net ongeveer 60 000 lewende pensioenarisse oor van die aanvanklike 70 000.  Die saak word aanhoudend uitgestel en die VF Plus vra gedurig dat ons maar geduldig moet wees. Die pensioenarisse het gedurende die tydperk wat hulle werksaam was, maandeliks bydraes aan die fonds gelewer. Volgens inligting het Transnet die fonds beroof vir eie gewin.

PA Joubert