O Gaats, wat nou?

z-nvgEk was nie baie verbaas om te hoor dat die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit het om sy belaglike aanklag teen die kommunistiese Minister van Finansies terug te trek nie.

Wat my wel verbaas het, is dat die Meneer van die Vervolgingsgesag die dom ding gedoen het om te wil vervolg, en toe die byna slim ding later gedoen het om die vervolging te staak omdat hy agtergekom het “hy kan nie wen in die hof nie”.

Nou sou ’n mens wou sien dat die Meneer vervolg word, maar nie voordat hy eers uit sy pos ontslaan is nie, want sulke magsug behoort met dubbele slae uitgeroei te word.

En dan wonder ek of die Van Rooyen knaap werklik ’n man van aansien was, dat hy nou ’n hofsakie wil maak om verlore aansien te herstel.

Wat van Nommer Een gaan word, bly ’n miljoen Rand vraag.

Maar kyk mens na alles wat nou rondspring as jy ’n slang in die hoenderhok het, dan sê ek maar net: O Gaats, wat nou!

Frik Stander