Melanie Verwoerd kruip by "doodskis slagoffer"

Die vorige ANC LP en SA ambassadeur na Ierland, Melanie Verwoerd, het in ‘n artikel in News 24 te velde getrek teen die “doodskis” gebeure in Middelburg en die vraag gevra : “Wat sal dit neem om wit rassisme te begrawe?”.

Haar gedienstigheid aan die ANC blyk duidelik in haar relaas en die aanval op die twee blankes en haar simpatie met die sogenaamde slagoffer en sy vrou. Haar lofprysing van die aardsterroris Mandela  as “ware” leier toon haar eensydige houding in die artikel. 

Sy poog wel met haar verduideliking van haar ouers se verlede om haar objektiwiteit te bewys maar dit neem niks weg van haar diep gewortelde aanvoeling vir swartes nie.

Intussen is ‘n berig ontvang van ‘n 71-jarige man wat in sy huis in Randburg doodgesteek is met ‘n mes – niks word vermis uit die woning nie. 

Nou vra ek: Wat is jou siening hieroor Melanie Verwoerd?  Huil jy ook oor die tannie wat nou alleen agtergelaat is? 

Hoe verklaar jy die gemiddelde moord syfer van 49 per dag in jou reënboog land?

Gert Pretorius

 

Foto – Melanie Verwoerd