Groot Geloftefees op Carletonville

gelofte-standbeeldAlle Boere-Afrikaner perderuiters word deur die Carletonville Geloftefeeskomitee genooi om vanjaar Geloftefees saam met hulle te herdenk in Carletonville.

Mnr. Hendrik van der Merwe van die komitee sê die gedagte is dat ruiters alreeds op 14 Desember 2016 op `n plaas +/- 20 km buite Carletonville bymekaar sal kom. “Hier sal die formele kommandovorming plaasvind en ook oornag word. Vanaf die plaas sal op 15 Desember 2016 in kommandovorm beweeg word na Carletonville. `n Deurmars deur Carletonville word beplan en moontlik ook `n vlagvertoning voor die Burgersentrum.

“Van hier sal die kommando na die feesterein beweeg, waar ons sal kamp opslaan en rustig verkeer. Vir die aand van 15 Desember word `n gesellige kuier en saamsing geleentheid beplan.

“Op Geloftedag 16 Desember word daar `n Gelofte-erediens gehou, en daarna `n vlagvertoning en tablo waaraan die kommando sal deelneem. Na afloop van die vertoning en tablo sal `n herbevestiging van die Gelofte plaasvind, waarna alle feesgangers uitgenooi word om die res van die dag saam te verkeer.”

Mnr. Van der Merwe vra dat die organiseerders so gou moontlik in kennis gestel word indien ruiters hierdie spesiale geleentheid kan bywoon. “Ons sien daarna om u te ontvang met Boere gasvryheid.”

Hendrik van der Merwe, die Kommando-Organiseerder, se besonderhede is: tel. 084 699 7645 carletonvillegeloftefees@gmail.com

  • Die Vryburger wil graag alle Geloftefeeste bekendstel. Komitees is welkom om ‘n boodskap met besonderhede daaroor te stuur deur die “Kontak ons” skakel bo aan Die Vryburger se bladsy. Red.