Barbarisme van radikale linkses

z-116Die onverdraagsaamheid, en miskenning van die demokrasie, het duidelik geword in die afgelope weke nadat die nuwe president van Amerika op demokratiese wyse verkies is.

Optogte om beswaar te maak teen sy oorwinning, en die gepaardgaande konflik met polisiebeamptes het gewys dat die linkse elemente veel meer bydra tot gewelddadigheid as wat enige behoudende tot nog toe getoon het.

Om optogte te hou omdat jy by die stembus verloor het, is nie net miskenning van die demokrasie in sy geheel nie, dit is ook ’n barbaarse handeling wat met minagting verwerp moet word.

As daardie spul linkses dan nog die vermetelheid het om ’n fyn beskaafde man soos Mitt Romney uit te jou by ’n openbare geleentheid wat niks met politiek te make het nie, dan bevestig dit die onopgevoede barbarisme wat gesetel is in die Clinton Demokratiese Party.

Miskien verklaar dit ook waarom Hillary Clinton so vêr verloor het, en verklaar dit ook waarom sy eers twee weke na die verkiesing haar neus by die deur uitgesteek het en ’n patetiese figuur was toe sy haar eie vernedering erken het.

Nou is dit die linkse media wat alles in hulle vermoë doen om hulle leuenagtige voorspellings te verberg, die Republikeine verdag voor te stel, en steeds probeer om hulle liegstories oor Trump as waarheid voor te hou.

Die linkses kan dit nie sluk mie dat die nuut verkose president gesê het hy sal president wees vir al die Amerikaners in die land.

Fred Schoeman