Meerderheid in eie land

Tydens die munisipale verkiesings van 2016, het ‘n hele aantal ANC-stadsrade in ons land hul setels verloor, en die beheer aan die DA oorhandig. Selfs in die Oos-Kaap (soos Port Elizabeth en Jeffreysbaai) is die ANC met die DA vervang.

Volgens statistieke het sowat 1-miljoen blankes die land verlaat, en na oorsese bestemmings verhuis. Dit het onder meer tot gevolg gehad dat vele huise (meer as gewoonlik) leeg staan, of deur tydelike bewoners (soos huurders) beset word. As mens na die eiendomsmark op die Internet kyk, is daar vele huise wat nie kopers kry nie.

Aan die Kaaplandse kus is daar talle dorpe wat honderde, en selfs duisende, huise het wat te koop is. Dit is dus – na my beskeie mening – ‘n ideale tyd vir binnelanders (en mense in die noordelike provinsies) om eiendomme aan die Kaaplandse kus te koop.

Die slagspreuk:”Word ‘n meerderheid in eie land!”, was seker nog nooit van so ‘n groot belang as nou nie. Die feit dat volksgenote so wyd uitmekaar woon, veroorsaak dat ons volk se mag en krag erg verswak is. Pleks daarvan om nader na mekaar te beweeg, is ons mense geneig om so ver as moontlik van hul mede volksgenote te gaan bly. Dit maak dit vir misdadigers baie maklik om volksgenote aan te val as hul naaste buurman kilometers ver weg is.

Die kusgebied tussen Jeffreysbaai en Mosselbaai is ideaal om ‘n veilige gebied vir volksgenote te vestig. Dis een van min streke in ons land, waar ons volk ‘n “Meerderheid in eie land” kan word.

Peter Murraybriewe