Die Genade van Geliefdes

MUit die Woordag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug – (Spr. 5:18).

Jou vrou is soos ’n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die Here vrees (Ps. 128:3, 4).

Die prentjie wat in Psalm 128 geskets word, spreek boekdele: ’n gelukkige gesin rondom die etenstafel, en voeg dan daarby die pa wat met ’n oop Bybel voor hom sit terwyl almal saam gesels oor wat hy daaruit gelees het. Dit is die Bybel se voorstelling van die gesin. Dit is hoe ’n gesin lyk wat God behaag. En dit is ’n gesin waarin liefde en geluk heers. So het die Here dit bestem sodat die gesin die fondament is waarop die gesinslede hulle lewens bou en die kinders opgevoed word. Diegene wat geseënd is om deel van so ’n gesin te wees of was, kan die Here nie genoeg daarvoor dank nie. Die geborgenheid wat die liefde bring, dra ons deur die lewe. En hoe inniger en meer volwasse die liefde, hoe groter die geborgenheid. Wat ’n genade om te kan uitsien na ’n tuiskoms waar jy aanvaar word vir wie jy is; waar jy weet jou mense jou liefhet, vir jou wag. Om te kan terugskarrel in die gesinsnessie in as die roofvoëls van die wêreld jou jaag; om veilig en beskut te voel tussen jou dierbares – dit is ware vreugde. Maar nog steeds net ’n skadu van dit wat jy as lid van die hemelse gesin beleef saam met Christus en jou hemelse Vader.

Onse Vader wat in die hemel is, dankie dat ek u kind is en ook dierbares het wat my liefhet en vir wie ek lief is. Amen.