Turkse akademici soek Vlaamse hulp

Z 3(6)Die akademici wat in Turkye vervolging in die gesig staar omdat hulle deur president Erdogan verdink word as medewerkers tydens die mislukte staatsgreep, het nou gevra vir hulp by die universiteite van Vlaandere.

Akademici en honderde studente het om hulp geroep by verskillende universiteite van Vlaandere, en die Vrye Universiteit in Brussel het gesê hulle sal graag van hulp wil wees, al is die versoek vir tydelike bystand.

In ’n heksejag, wat as ’n suiweringsproses bestempel is deur die regering, is derduisende onskuldige mense gevange geneem en vir weke aangehou.

Hilde Crevits, die Minister van Onderwys is intussen gevra om aandag te gee aan die versoek met die hoop dat die universiteite wel ’n ondersteunende rol kan vervul.

Duisende Turke is besig om die land te verlaat weens die regering se aanval op burgerlikes wat daarvan verdink word dat hulle medepligtig was aan die staatsgreep poging.

Die Universiteite is van mening dat tydelike poste geskep kan word om die dosente te akkommodeer wat dan ook lesings kan aanbied aan Turkse studente.

Die Vrye Universiteit het studente daarop gewys dat hulle wel opgeneem kan word indien hulle aan die voorwaardes voldoen wat op studente van toepassing is.

Foto – Die Vrye Universiteit Brussel