Semenya dalk weer ondersoek

Semenya en gadeDie president van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies, Sebastian Coe, het aangekondig dat die IAAF weer die internasionale hof vir arbitrasie in sport gaan nader oor die Caster Semenya geval.

Sou die appél slag, kan dit Semenya se goue Olimpiese medalje in gedrang bring.

Vroeër het die hof beslis dat vroue-atlete nie onderwerp mag word aan ‘n reël wat ‘n beperking stel op die hoeveelheid testosteroon wat natuurlik voorkom nie. Vroue met ‘n testosteroondrempel van meer as 10 nanomoles per liter toets, sal moontlik belet word om mee te ding.  In 2015, het die Hof van Arbitrasie vir Sport die beleid vir twee jaar opgeskort.

Wat interessant is omtrent Semenya se deelname aan die Olimpiese Spele, is dat die Olimpiese komitee die media verbied om met haar te praat. Gevolglik het sy geen onderhoude toegelaat nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat Semenya met ‘n vrou getroud, naamlik Violet Ledile Raseboya. (Sien foto)