Italië red duisende migrante in een dag

Die Italiaanse kuswag het die afgelope jaar duisende onwettige migrante uit die gered, maar meer as 3,000 het in die tydperk in die sentrale gebied van die Mediterreense See verdrink nadat die sogenaamde Balkan roete gesluit is.

Die kuswag woordvoerder sê hulle het Maandag die grootste reddingspoging ooit gehad vir een bepaalde dag toe sowat 6,500 onwettige migrante wat vanaf die Libiese kus afkomstig was, gehelp moes word.

Hy sê dit was ’n enorme taak om die duisende mense wat in talle bote was wat nie seevaardig is nie, gered moes word.

’n Woordvoerder van die Europese Unie sê die grens-agentskap Frontex en ander organisasies het glo ondersteunende hulp verleen.

’n Totaal van 40 reddings operasies is gekoördineer om al die drenkelinge na veiligheid te bring.

Die Mediterreense seeroete word as ’n uiters “gevaarlike” roete beskou vanweë die swak toestande waarin die onwettige migrante vervoer word.

Die sogenaamde “skeepseienaars” maak groot somme geld deur die mense te vervoer, maar bied geen waarborge dat hulle veilig sal land by die bestemming nie.

Waarnemers sê die skeepseienaars verdien tot R100,000 per week vir die vervoer van onwettige migrante, en daar bestaan ook smokkelaars wat skepe en bote besit waarmee ontvoerde mense verder weggevoer word.