Huisbou 7.5% duurder

WoningOm ʼn nuwe huis te bou is nou ongeveer 7.5% duurder as ʼn jaar gelede. Die inligting is verskaf deur die eiendomsontleder van Absa, Jacques du Toit. Gemiddelde boukoste is nou ongeveer R6 417 per vierkante meter.

Die amptelike syfers van Statistiek SA toon dat daar vir die afgelope ses maande ongeveer 45 500 nuwe bouplanne goedgekeur is, waarvan ongeveer 60% lae koste eenhede is. Du Toit is van mening dat dit nog etlike jare sal neem voordat die bou van nuwe wooneenhede die vlakke van vroeër sal bereik.