Britte samel geld in vir skildery

Die Engelse het een van die belangrikste skilderye uit die Eiland se geskiedenis behou deur ’n nasionale veldtog op tou te sit en geld in te samel sodat die kosbare stuk nie verlore raak nie.

Die insameling het uiteindelik meer as 12 miljoen euro opgelewer om te voorkom dat die “Amanda-skildery” van Koningin Elizabeth 1 in vreemde hande, of selfs in buitelandse besit kom.

Die skildery uit die jaar 1590 herdenk die Engelse se oorwinning oor die Spanjaarde se vloot.

Die spontane bydraes om die skildery te behou, word deur die fonds direkteur beskryf “as ’n oorwinning deur die volkswil”.

Die oorwinning oor die “onverslaanbare” Spaanse koning Filips II word deur die Engelse as ’n roemryke gebeurtenis beskou, en het die Engelse se koningin Elizabeth hulp gekry van die Nederlandse Republiek.

Die eienaars van die skildery het bekend gemaak dat hulle die kosbare stuk wil verkoop, wat veroorsaak het dat ’n insameling begin is.

Die eerste bydra het gekom van ’n onbekende instansie wat bykans 9 miljoen euro geskenk het

Die prys van die eienaars was 19 miljoen euro, en binne drie maande was ’n verdere 12 miljoen euro ontvang.