Argentynse militariste lewenslank tronk toe

Z 2(8)’n Voormalige senior weermaggeneraal en 27 ander voormalige weermagoffisiere in Argentinië is skuldig bevind aan gruwelike menseregteskendings en is swaar strawwe opgelê deur die hooggeregshof.

Die voormalige generaal, Luciano Benjamín Menéndez, en sy offisiere is veroordeel en lewenslange gevangenisstraf opgelê.

Die hoërhof in Córdoba het die “afgegradeerde generaal” skuldig bevind aan 54 gevalle van moord, 655 gevalle van gruwelike foltering en 257 gevalle van ontvoering.

Die misdade is tydens die diktatuur van 1976 tot 1983 gepleeg, en van die ander offisiere kry tot 21 jaar tronkstraf vir hulle aandeel aan sekere misdrywe.

Tydens die verhoor het sowat 10 000 mense juigend voor die hofgebou gewag dat die vonnisse bekend gemaak word.

Luciano Benjamín Menéndez was tydens die diktatorskap die opperbevelvoerder in die Leërkorps van Córdoba waar die gruweldade gepleeg is.

Hy is ook deur die hof skuldig bevind aan die foltering van meer as 3 000 onskuldige mense wat gevange geneem is.

Volgens skatting is meer as 30 000 onskuldige mense in die tyd deur die diktator om die lewe gebring in Argentinië.

Foto – Luciano Benjamín Menéndez