Wat het van Poetin geword?

Waar is president Vladimir Poetin?

Dit kan gesien word as ’n jaarlikse instelling dat die Russiese president elke jaar vir meer as ’n week wegraak en niemand weet waar hy is nie.

President Poetin is reeds ses dae weg en is in die tyd nog nie in die openbaar opgemerk nie, en sy eie ondersteuners is bekommerd dat daar dalk iets ernstigs voorgeval het.

Volgens koerantberigte in Europa is ’n hele reeks afsprake gekanselleer, wat ’n herhaling is van ’n soortgelyke gebeurtenis in 2015

Poetin was te wagte by die ‘International Sports Games for the Children of Asia’ maar het blykbaar nie opgedaag nie, en is ’n verskoning vir sy afwesigheid aangestuur.

In Maart 2015 was die president vir 11 dae afwesig en kon niemand verslag doen waar hy hom bevind nie, en koerante het bespiegel of hy moontlik siek is, of was hy betrokke in ’n kaping, en ander het selfs die moontlikheid uitgespreek dat hy dood is.

En toe, na elf dae se afwesigheid staan die president op die voorblad van ’n Russiese koerant, blakend gesond, en verbaas oor die media se bespiegeling, maar lewer ook nie kommentaar oor waar hy hom bevind het nie.