Verdagte nog soek na aanval by Mooirivier

Twee van drie plaasaanvallers is aangekeer enkele ure nadat hulle ‘n egpaar op ‘n plaas by Mooirivier, Natal aangeval het.

Een van die twee wat in hegtenis geneem is, is gewond in ‘n worsteling met die boer.

Die twee aanvallers sal Dinsdag in die landdroshof op Mooirivier verskyn op aanklag van huisroof.

Drie aanvallers het die boer en sy vrou oorval terwyl hulle besig was om TV in hulle huis te kyk. Die egpaar is aangeval en van hulle 9mm pistool beroof.

Hulle het te voet gevlug, waarna die polisie twee van hulle nie ver van die plaas by die R103 in die Mooirivier-omgewing gekry het.

Een verdagte, wat in besit is van ‘n gesteelde vuurwapen, word nog deur die polisie gesoek.