Realiteit van SA politiek in perspektief

Ons het in ons eerste aflewerings oor die verkiesing gewys op die inherente valsheid van party-politiek.

Voorts het ons kennis geneem dat die gewaande magsdeling waarmee FW de Klerk ons volk mislei het, dit sou net vyf jaar sou geld, insiggewend presies dieselfde periode as sy adjunk-presidentskap.

Dit dwing aan ons die vraag op: wat is die realistiese waarskynlikheid van enige politieke oplossing vir die land se probleme, en meer spesifiek ons volksideale.

Ten eerste, getrou aan die inherente valsheid, is die een waarheid wat nimmer oor ´n politikus se lippe sal gaan nie, dat die stelsel ontwerp is om enige noemenswaardige verandering te ontspoor.

Die kern van hedendaagse politieke realitiete in SA anker aan drie sake:

Die stalinistiese Vryheidsmanifes van Joe Slovo.

Die liggelowigheid van die Afrikaan.

Die geweldskultus van Afrika.

Eersgenoemde belowe Utopia: huise, skole, hospitale en rykdom, sónder werk en sónder opoffering.

Die Afrikaan is deur die liberalistiese humaniste oortuig van hul gewaande onderdrukking, en hul gevolglike “reg” op restitusie.

Die kommunis het hierdie een tree verder geneem deur die vals belofte dat blote beheer oor produksiemiddele welvaart en rykdom verseker.

En wanneer die leë belofte uiteindelik onmisbaar duidelik manifesteer, word die rewolusionêre slagspreuke gedreunsing totdat die “bevryde” proletariaat oortuig word die “voormalig bevoordeelde” versteek bloot die welvaart en rykdom – plundery deur die elite het geensins aandeel aan tekorte of onderdrukking nie.

Die uiteinde is die vlaag van geweld wat oral in die land opvlam.

Geweld word doelmatig aangeblaas deur politici, want tydens onrus vra niemand na politieke knoeiery en gemanipuleerde verkiesings nie.

Om dus enige noemenswaardige verbetering, minstens teoreties, teweeg te bring, moet die status quo laat vaar word.

Maar aangesien dit inhou dat politici hul nessie van eiebelang moet prysgee, sal dit nie plaasvind nie.

Daarom moet die breë lyne van die ANC se “nuwe SA” onverbiddelik in stand gehou word.

En sodra mense dít verstaan, kan die primêre rolspelers in die politiek heel gerieflik geplaas word.  Want solank die soustrein ry, word politici ryker, bou hul hul magsbasis uit diegene wat graag wil deel in die “voorspoed”

Ons is wel bekend met die ANC se doelwitte en gekose beleidsrigtings.

Swart bevoordeling van die gekose elite word ten alle koste deurgedruk.

Vir die gehoorsame stemvee – diegene gelukkig genoeg om werk te hê, onder die vaandel van pro-ANC vakbonde – buitensporige vergoeding en min werkure.

Maar die prys van buitensporige vergoeding is dalende indiensneming, wat die massa buite in die koue laat – weer eens met ´n doel.

Daar is slegs twee ander partye wat saakmaak in SA politiek, danksy die afskaffing van magsdeling in 1999: óf die DA, óf die EFF.

Die ander partye is doodgewoon wiskundig onbenullig, en hul enigste bestaansdoel is om die valse skim van “veelparty demokrasie” lewend te probeer hou.

Die EFF is duidelik,danksy die lesse van Katanga, Mosambiek, Angola en Zimbabwe, die ANC se alterego.

Die ANC was noodgedwonge verbind aan die internasionalisme en die magte wat hulle aan bewind geplaas het in 1989-94.

As sulks moes die mees blatant-stalinistiese mikpunte van die Vryheidsmanifes getemper word, en met die KGB-poppemeester se heengaan, raak die huidige ANC die pad toenemend byster, histories-ideologies beskou.

Die EFF wil bloot à-la Bob alles voor die voet nasionaliseer, verorber en dan voortgaan van geweld tot erger geweld tot alles finaal in duie stort – maar dán is almal werklik gelyk …

Die DA daarenteen het tot betreklik onlangs die liberaal-humanistiese fabel geglo dat hulle die spel kan beheer agter die skerms, met hul geldmag-wortels en tipies Engelse arrogansie.

Maar hulle het die wiskunde gesnap – vandaar verkiesingsbeloftes van grondrestitusie, teen-rassisme tribunale, voortsetting van swart bevoordeling en nog wat.

SA politiek het dus ´n drie-perd resies geword, met dieselfde kern-beleidsdioelwitte:

Swart bevoordeling op rekening van die blanke erfenis en vermoë.

Vir die Afrikaner is daar dus geen oplossing in die hedendaagse party-politiek nie.