Plaasaanvallers dreig vrou met hoekslyper

’n Bejaarde egpaar is op hul plaas buite Kroonstad deur twee aanvallers oorval en aangerand.

Dr. Koos Troskie (71) jaar was nie tuis toe die aanvallers sy bedlêende vrou, Natalie (68 jaar) oorval het nie omdat hy ‘n pasiënt by sy spreekkamer op die dorp ontmoet het.

Hy het hom met sy tuiskoms op sy plaas Halfkroondrift teen die aanvallers vasgeloop. Een van hulle het blykbaar ‘n speelgoedgeweer by hom gehad en in die stoeiery is dr. Troskie met ‘n yster oor die kop geslaan. Hulle het geld van hom geëis.

Hy het aan hulle gesê hy sal aan hulle geld gee, maar wou eers sien of sy vrou ongedeerd is. Hulle het om na die slaapkamer gesleep waar sy vrou in die bed is nadat sy ‘n tyd gelede ‘n beroerte gehad het.

Een van die aanvallers het ‘n hoekslyper gebruik om ‘n kluis oop te sny. Sy vrou is met die hoekslyper, ‘n graaf en ‘n byl gedreig omdat hulle nie geld in die kluis gekry het nie. Daar wat wel vuurwapens in die kluis, maar geen kontant nie.

Dr. Troskie het R1 500 kontant aan hulle oorhandig en hulle wou ook sy bakkie se sleutels hê. Hulle het egter net sowat 1km daarmee weggejaag en dit toe net daar gelos. Hulle het ook na bewering nie die gewere gesteel nie.

Dr. Troskie het ‘n paar houe oor die kop gekry en het ‘n gebreekte ribbebeen opgedoen toe hy met ‘n vuurwapen geslaan is.

Hy is vasgebind op ‘n stoel en sy selfoon is gesteel. Toe hy hom losgewikkel het, het hy tot by die die naaste teerpad gestap om hulp in die hande te kry.

‘n Klag van huisroof word deur die polisie ondersoek.