Navo slaan bollemakiesie

Terwyl Navo sy magte ontplooi in die oostelike dele van Europa wat grens aan Rusland, word nuwe verskonings uitgedink om die optrede te regverdig, sê ’n deskundige op die gebied van oorlogvoering.

Hy sê Navo se verduideliking om ’n kragtige weermag te ontplooi in die ooste, is bedoel om Russiese aggressie teen te staan en hou geen verband met die dubbelsinnige verklarings wat Navo uitreik nie.

Navo het die afgelope naweek aangekondig dat die ontplooiing van troepe bedoel is om terroriste te elimineer en onwettige migrante op die flanke van Europa te reguleer.

Hy sê die Navo verduidelikings is om bollemakiesie te slaan, want die twee redes is verregaande en blatante leuens.

“Wie wil ’n klomp terroriste beheer met ’n magdom troepe en swaar militêre toerusting, waarvan missielafweerstelsels deel is?”

Hy sê die Balkan-roete is reeds maande lank gesluit vir migrante, wat meebring dat daar geen beheer van migrante nodig is nie, en ook nie ’n troepemag van duisende noodsaak nie.

Navo het die verduideliking gegee nadat ’n voormalige Russiese leier, Michaël Gorbatsjov, die Westerse lande daarvan beskuldig het dat hulle die klimaat vir Koue Oorlog verhoog, en gereedmaak vir ’n volskaalse oorlog.

Navo behoort eerder sy magte op te vorder om die terroriste vegters van Al-Kaïda en die Islamitiese Staat met wortel en tak uit te roei, sê Europese meningsvormers wat gekant is teen die optrede van Navo.

Foto – Obama en Merkel in Warskou