Groep swartes vermoor jongman

‘n Jongman is sodanig deur ‘n groep swartes op Belfast met bottels, klippe en stokke aangerand dat hy later aan sy beserings beswyk het.

Die swartes het Pierre-Etienne de Necker (24 jaar) na bewering met vier voertuie agtervolg toe hy brandstof ingegooi het. Hulle het hom later vasgekeer en toegetakel. ‘n Vriend wat by hom in die voertuig was, het weggehardloop.

‘n Foto is van die bebloede en bewustelose De Necker is daarna na bewering met sy selfoon geneem en klaarblyklik aan sy ouers gestuur. Die foto doen ook op sosiale media die rondte en toon duidelik ‘n vuurwapen wat langs hom op die grond lê.

Dit is nie op hierdie stadium duidelik waarom die foto geneem is nie. Die vuurwapen wat langs hom was en na bewering daar geplaas is, het glo ook spoorloos verdwyn.

Opmerkings van haatspraak is blykbaar teenoor De Necker geskreeu terwyl die groep van 12 tot 15 swartes hom aangerand het omdat die voertuig waarmee hy rondgery het glo aan een van hulle behoort het.

Hy is daarna in die hospitaal opgeneem, waar hy later breindood verklaar is.

Volgens mediaberriggewing was De Necker na bewering in besit van ‘n gesteelde voertuig.

Die woordvoerder van die Belfast-polisiekantoor, Kwapa McDonald, kon egter nie bevestig of De Necker die voertuig gesteel het of in besit van ‘n gesteelde motor was nie.

Sy pa het aan ‘n plaaslike streekskoerant die Middelburg Observer gesê sy seun het met ‘n motor gery wat nie syne was nie.

De Necker het aldus die koerant na bewering ‘n paar weke gelede ‘n Volkswagen Golf by ‘n vulstasie op die dorp gesteel. “Hy het volgens ‘n ooggetuie doodluiters in die voertuig geklim terwyl die eienaar besig was om die bande te pomp”, lui die koerantberig.

Die polisie het drie mans en ‘n vrou in hegtenis geneem in verband met die moord op De Necker.