Duisende pikkewyne word bedreig

Meer as ’n miljoen pikkewyne op ’n afgeleë sub-Antarktiese eilandgebied word met algehele uitwissing bedreig na ’n geweldige vulkaniese uitbarsting.

Dit is een van die wêreld se grootste kolonies pikkewyne wat bekend staan as die stormband pikkewyne.

’n Veel kleiner kolonie macaroni-pikkewyne is ook op die eiland te vinde, en word ook deur die vulkaniese uitbarsting bedreig.

Die vulkaan Curry het op die eiland Zavodovski, gedurende Maartmaand tot uitbarsting gekom en dit is steeds met satellietbeelde sigbaar hoe die berg se digte stofwolke die lug ingeblaas word.

Die eiland het ook die onbenydenswaardige prestasie as die plek met die ergste stank wat veroorsaak word deur die vulkaniese stowwe wat vrygestel word.

Daarbenewens is giftige gasse en rook ook ’n kenmerk van die gebied, maar dit blyk asof die negatiewe elemente nie ’n onmiddellike uitwerking het op die pikkewyne nie.

Die sowat 1,2 miljoen stormband pikkewyne en die 180,000 macaroni-pikkewyne word uitgeken deur hulle geel vere op die kop.   

’n Span wetenskaplikes van die Britse Antarktika Navorsingsinstituut beplan ’n ekspedisie na die eiland om vas te stel hoe dit gesteld is met die pikkewyne en wat moontlik gedoen kan word om te verhoed dat hulle omkom as gevolg van die klimaatsveranderings.

Die bekommernis is dat die vulkaanuitbarstings plaasgevind het terwyl dit die broeiseisoen is, en hulle vere dan nie baie dig is om beskerming te bied nie, en kan hulle ook nie in die water gaan om kos te soek nie.