Droogtehulp van R1 miljard gefnuik

Die R1 miljard se droogtehulp wat ryk filantrope aan Suid-Afrikaanse boere wou skenk, het deur die mat geval.

Die inisieerder van die hele projek en stigter van die groep, Global Association for Billionaires and Millionaires (GABM) het Donderdag ‘n verklaring uitgereik waarin hy aandui dat die Suid-Afrikaanse regering en die GABM kon “tot ‘n vergelyk kom nie”.

Die R1 miljard sal blykbaar nou “elders in die wêreld” gebruik word om mense te help.

Sekere besondere is vereis, naamlik dat onafhanklik ouditeure ‘n finansiële jaarverslag van GABM moet verifieer. ‘n Belastingsertifikaat van GABM en inligting omtrent die organisasie se direkteure en hul ouditeure is ook aangevra.

Volgens Paulsmeier, ‘n Suid-Afrikaner, het die Suid-Afrikaanse regering geweier om ‘n goedkeuringsbrief te gee sodat die geld die land kon inkom.

Hy het bygevoeg dat die GABM is in 2000 gestig en het al in talle lande regoor die wêreld finansiële hulp verleen. Dit is egter glo die eerste keer dat hy en die lede van die organisasie so sleg behandel is.

Die departement van landbou het aangedui dat hy beoog om later ‘n verklaring oor die saak uit te reik.