Drie nuwe sonne ontdek

Buite die aarde se sonnestelsel hang drie sonplanete wat pas deur wetenskaplikes bekend gemaak is by die Europese Suidelike Sterrewag.

Die inligting is in ’n mediavrystelling bekend gemaak, en verskyn ook in die gesaghebbende vaktydskrif, “Science” se jongste uitgawe.

Die werklikheid oortref die Luke Skywalker fiksieverhaal van twee sonne, want hier is drie sonne gevind wat “redelik naby” aan mekaar is.

Die ontdekking gemaak onder leiding van die Universiteit van Arizona, wat met behulp van die VLT-teleskoop van die ESQ in Chili gewerk het.

Wetenskaplikes sê dit is merkwaardig dat drie sterre in een sonnestelsel gevind kon word en dat die helderste een van die drie verreweg die verste is van die drie.

HD 131399Ab is tussen die twee ander sonne en word beïnvloed deur die swaartekrag aantrekking van die ander twee in die stelsel

Die HD 131399Ab is sowat 320 ligjare verwyder, en het sowat 4 keer groter massa as die reuse Jupiter.