Perspektief – Waarheid oor Soweto-Jeugdag

Elke saak het twee kante, tog is dit belangrik om in gedagte te hou dat nie beide kante noodwendig op waarheid geskoei is nie.

Ons kan maar enige koerant oopmaak, na ‘n TV-nuusuitsending of radioberig luister, en die leuens oor “Jeugdag” word verkondig.

En, getrou aan hul diepste reënboog begeertes, word hierdie leuens deur toenemende getalle “volksorganisasies” nie net in swye aanvaar nie, maar aktief ondersteun en die valse beelde van 1976 word verdedig.

Maar wat is die waarheid?  Dit verg ´n kort historiese voëlvlug, maar ook eerlike oorweging om die swart geweldskultus op Sowetodag destyds – saam met die huidige vlae van geweld – in die regte perspektief sal plaas.

Die grootste leuens rondom die Soweto opstand is kortliks:

Dat dit oor onderrigtaal sou handel, maar dit was rewolusionêre optrede gemik op die ondermyning van regmatige gesag en uiteindelike die gryp van mag.

Die rewolusionêre klimaat was geskep is deur kommunistiese opstokers, en die kernsaak van onderwys het bloot ´n gerieflike voertuig vir massa-geweld geword.

16 Junie 1976 was nie ´n “onskuldige en spontane protes deur skoolkinders” soos aan die wêreld voorgehou word nie.

Dit was ´n fyn beplande eskalering van ´n veldtog van wetteloosheid en die “dapper” kaders agter die skerms het bloot agter skoolkinders geskuil.

Uiteindelik het die polisie teen geweld opgetree ten einde orde te herstel.

Dat die ANC hiermee die destydse regering “suksesvol” die stryd sou aangesê het.  Die ware dryfkrag agter gebeure was die swart bewussynsbeweging van die (sogenaamd) vredeliewende Steve Biko en andere.

Die ANC het wel spoedig toegetree en teen 1982 oorgegaan tot volskaalse geweld teen ons gesinne, weer eens “dapper” kaders teen weerlose slagoffers!

Wat daardie siklus van geweld gekenmerk het, was die gunstige teelaarde wat die Marxistiese geweldsdoktrine gevind het in die geweldsaard van die Afrikaan.

En vandag beleef ons die herlewing van hierdie geweldskultuur.

En hierdie is een van die belangrikste lesse uit Soweto 1976:

Swart volke is in wese en kultuur gewelddadig – die “sterk man” regeer in Afrika deur die ander te onderdruk, wat ´n resep is vir voortdurende magstryd.

Die geskeidenis van Afrika deur die eeue, ter plaatse veral sedert die Difaqane, spreek vanself – dit is dus bloot die stel van feite, histories gestaaf en hedendaags waarneembaar.

Of daardie geweld uiting vind in oproer, brandstigting, plaasmoorde of verkragtings is, bitter tragies, net die nadere besonderhede van ´n lewensbeskouing wat niemand anders enige geleentheid wil gun nie.

Die ander les, wat hierdie gevolgtrekking staaf, is dat die swart ouer van 1976 se selfsug vir eie voordeel hulle gedryf het om hulle kinders in die geweldsbres te plaas.

Vandag herhaal hierdie selfsug homself in die afbrand van skole, die vernietiging van kampusse en ontwrigting. Sodoende word nóg ´n geslag se opvoeding op die altaar van geweld geplaas.