Suiker benadeel geheue se vermoë

Suiker afkomstig van vrugtesoorte, ook bekend as fruktose, is nie net nadelig vir diabetes nie, maar ewe sleg vir die mens se geheue en behoort dus in uiters beperkte hoeveelhede ingeneem te word.

Die bevinding is bekend gemaak in die VSA deur ’n span navorsers wat hulle navorsing in die “National Institutes of Health” gepubliseer het.

Die omvangryke navorsing, wat op 20,000 mense uitgevoer is, word as die mees gesaghebbende werk beskou oor die invloed van suiker op die mens.

Die navorsers het vasgestel watter geweldige invloed suiker het op die mens se breinfunksies en hoe dit die geheue benadeel, asook die nadelige invloed op die metabolisme van die verbruiker.

Die navorsers meen die inname van te veel fruktose lei tot Parkinson se siekte, veroorsaak depressie, en benadeel die brein se geheue vermoë.