Student spring 28 verdiepings af

’n Eerstejaar student van die Durbanse Universiteit van Tegnologie het sy eie lewe geneem deur van ’n gebou se 28 ste verdieping te spring.

Studente vriende het met skok en verbasing gehoor van die gebeurtenis waarvoor niemand ’n verklaring of rede kon gee nie.

Die student, wie se naam nie gepubliseer mag word nie, het van die “Seepunt Toring gebou” se 28 ste verdieping na benede gespring.

Ooggetuies sê hulle het ’n harde slag gehoor, waarna mense uit die gebou gestorm en gesien het wat gebeur.

Dit is die hoeveelste geval van studente wat besluit om hulle eie lewe te neem, en die verdriet wat dit geliefdes aandoen word moeilik geheel, veral as die redes onbekend bly.