Steun vir Clinton daal

Die voormalige presidentsvrou, Hillary Clinton se steun is aan die daal te midde van verbete pogings om die Demokrate te probeer oortuig dat sy die beste kandidaat is om die president te word.

Haar jongste opmerking dat dit moontlik is om ’n kabinet saam te stel wat 50% vroulike ministers het, is blykbaar nie goed ontvang nie en word beskou as haar powere poging om die vroue kiesers te oorreed om vir haar te stem.

Tyd is klaarblyklik nie Clinton se beste vriend nie, want elke keer as ’n meningspeiling gedoen word, daal haar ondersteuning met ’n paar persentasie punte.

Sy het sodanig op die gewildheid-leer gedaal dat sy teen enige van die bestaande kandidate in die Republikeinse kamp in die finale ronde om presidentskap sal verloor.

Meningspeilings is egter uiters onbetroubaar in Amerika, en die linkse pers kook die gegewens om hulle te pas, en word nie meer deur kiesers as betroubare inligting beskou nie.

Politieke waarnemers sê Clinton se eerste fout is gemaak toe sy die sosialis, Bernie Sanders, totaal onderskat het.

Foto – Hillary Clinton