Spanje gaan terug na stembus

Nadat die jongste onderhandelings om ’n koalisie regering saam te stel, weereens klaaglik misluk het, is dit nou ’n uitgemaakte saak dat die kiesers teruggestuur word na die stemlokale in die land.

’n Laaste poging was toe ’n elf uur lange vergadering waarin nuwe voorstelle ingedien is, ook misluk het omdat die twee partye nie mekaar kon vind nie.

Al moontlikheid wat glo bestaan om die maande lange krisis op te los, is om op 26 Junie terug te keer na die stembusse in die land.

Die twee grootste partye, die Sosialiste Party (PSOE) kon nie tot ’n vergelyk kom met die Eerste Minister, Mariano Rajoy, se Volksparty nie.

Die leier van PSOE,  Pedro Sanchez, sê in ’n verklaring dat daar in die laaste minute van onderhandelings besef is dat ’n koalisie nie bereik kon word met die Volksparty nie.

Die krisis het ontstaan nadat twee nuwe politieke partye tot stand gekom het gedurende verlede jaar, kort voor die algemene verkiesing.

Die twee partye het genoeg steun gekry van die twee groot partye om te verseker dat niemand ’n meerderheid in die parlement kon behaal nie.

Onderhandelings tussen die vier partye om ’n koalisie te vorm, kon nie bereik word nie, en nou is die enigste opsie om terug te keer na die stembus met die hoop dat die uitslag veel anders sal wees.

Foto – Premier Rajoy en Pedro Sanchez