Serwiese konserwatiewes kry meerderheid

Die Serwiese Eerste Minister, Aleksandar Vucic het aangekondig dat hy die verkiesing met ’n volstrekte meerderheid gewen het, nadat 80% van die stemme getel is.

Aleksandar Vucic se konserwatiewe party moes voorheen in koalisie met ’n liberale party regeer, maar die tydvak het nou verander, het hy gesê.

Volgens aanduidings sal Vucic meer as die vereiste 50% meerderheid van  lede in die parlement kry.

Die vêr-regse pro-Russiese party het ook ’n groei in steun getoon en sal na verwagting voldoende steun om enkele lede in die parlement te kry.

Vucic het in die middel van sy termyn ’n verkiesing aangekondig en gesê hy doen dit omdat hy minstens ’n vier jaar termyn nodig het om sy hervormings deur te voer.