SA is swak en onstabiel

Prof Andre Duvenhage van Potchefstroom Universiteit het in ‘n verklaring gesê dat SA tans by ‘n punt gekom het waar korrupsie en onstabiliteit die land se groei belemmer.

Volgens hom is die regering nie meer in staat om basiese dienste te lewer nie. Baie mense gaan Vryheidsdag tegemoet met gemengde gevoelens oor wat werklik bereik is in 22 jaar se “vryheid”.

Vryheidsdag vieringe op 27 April 2016 hou egter vir die Afrikaner volk geen aangename herinneringe in nie.

‘n Eens hoogs beskaafde land is gereduseer tot ‘n piesang republiek met ‘n president wat geen respek vir iets en iemand het nie.

Verder het moorde so ‘n vlak bereik dat niemand meer veilig is op straat of in hul wonings nie.

Werkloosheid weens SEB het menige volksgenote tot plakker status gedwing en. intussen is die “wit” kerke besig om die volk verder oor die afgrond te lei met hul oproep tot versoening op 16 Junie 2016 tot en met 16 Desember 2016.

Waar die gewaande vryheid gaan eindig is moeilik te bepaal , dat die Afrikaner/Boervolk by ‘n kruispad gekom het is nie te betwyfel nie.

Die vraag is of die volk nog die moed, die wil en deursettingsvermoë het om hierdie krisis te hanteer. Is dit nie dalk tyd dat ons vrouens moet opstaan en soos met die Groot Trek sê : Al moet ons kaalvoet trek, maar ons sal ‘n plek vir ons kinders en kleinkinders kry.

Fred Schoeman