Nuwe middel teen talle virusse

Navorsers is vol verwagting oor ’n nuwe middel wat klaarblyklik oor die eienskappe beskik om ’n reeks verskillende virusse met sukses te beveg.

Wat die wetenskaplikes opgewonde maak is die feit dat die middel nie vatbaar is vir weerstandigheid nie.

Die middel kan selfs die HIV-virus asook hepatitis suksesvol teenstaan, maar nie noodwendig genees nie. Daarvoor is langer behandelings en meer toetse nodig.

Tot hede het die pasiënte goed reageer op die behandelings, en alhoewel toetse teen die Zika virus nog nie uitgevoer is nie, is die verwagting dat dit dalk daarvoor ook effektief kan wees.

Die middel is deur Nederlandse wetenskaplikes ontwikkel, maar nog veel meer toetse gaan gedoen word voor dit in die algemene handel beskikbaar sal raak.

Toetse op diere het geen nagevolge getoon nie, wat volgens die wetenskaplikes ’n besonder goeie eienskap is.

 Daar is nog ’n lang pad te volg voordat die middel in gebruik sal wees, maar alle aanduidings is dat dit ’n uitstekende middel teen virusse is.