Miljoene meer op Facebook

Gedurende die afgelope kwartaal het meer as 60 miljoen nuwe mense aangeteken op Facebook

Die indrukwekkende toename word beskou as die grootste groei van Facebook in die afgelope 24 maande.

Geen konkrete rede is aangevoer waarom die vinnige toename plaasgevind het nie, maar waarnemers wys daarop dat dit toegeskryf kan word aan onder ontwikkelde lande wat nou vir die eerste keer toegang tot die internet gekry het.

Kenners het weereens gewaarsku dat mense uiters versigtig moet wees oor wat hulle op die sosiale netwerke kwytraak, aangesien swaar boetes en selfs tronkstraf opgelê word vir onverantwoordelike uitsprake.