Koue front op pad na die Kaap

Waarskuwings is gerig aan inwoners en boere in die Wes-Kaap oor ‘n naderende koue front wat die Kaapse Skiereiland teen Donderdag 28 April 2016 gaan bereik.

Reën en die moontlikheid van sneeu neerslae word voorspel in die Cedarberg, Swartberg, Wittenberg en Sneeuberg gebiede.

Die reën en sneeu word verwelkom in die droogte geteisterde gebiede van die Wes-Kaap en sal die vlak van damme kan aanvul wat tans op kritiese lae vlakke is.

Die Wes-Kaap se reënseisoen het aangebreek en boere hoop dat voldoende reën oor ’n wye gebied sal bydrae dat die groot tekort aan water in die belangrikste opgaardamme, aangevul sal word om ’n krisis af te weer.