Koöperasies help boere teen roofdiere

Die boere se stryd teen wilde roofdiere wat hulle kuddes aanval, is reeds vir baie dekades ’n geveg wat later jare al moeiliker geword het.

Vroeër is plase met “jakkalsproef draad omhein, wat verseker het dat roofdiere nie maklik ’n boer se plaas kon binnedring om verwoesting te saai nie, en as daar wel een is, het die boer hom tog vasgekeer en van kant gemaak.

Mettertyd het die boere die goeie heinings verloor, en talle plase se heinings is deur plakkerskamp bewoners gesteel om hulle kaias te bou.

Die hervestiging van jakkalsdraad was die enigste langtermyn oplossing teen roofdiere, en koöperasies het saamgestaan en boere in die Kaapprovinsie gehelp om sifdraad teen verlaagde pryse te bekom.

Kooperasies soos die van Humansdorp en BKB het besluit om hulle winsgrens tot op die been te sny vir ’n tydperk, wat ten einde loop op 30 April.

Boere het gebruik gemaak van die wonderlike hulp, en duisende kilometer jakkalsdraad is weer hervestig soos wat dit hoort in ’n skaapwêreld.

Selfs die Oos Vrystaat Koöperasie het later besef hy behoort die boere te help om die sifdraad teen verlaagde pryse beskikbaar te stel.

Boere sê alhoewel die uitgawe om ’n plaas te omhein baie duur is, betaal dit uiteindelik want die roofdiere het nie meer toegang om skade aan te rig nie.