Eerste duur treine getoets

Die swart werkers wat normaalweg van treinvervoer gebruik maak in stedelike gebiede, is ’n tree nader aan die rygerief van duur treine wat hulle sal vervoer na die werkplek.

Die eerste “Toets Trein 1” het so pas sy oop-lyn toets deurstaan toe die trein letterlik die spoor gevat het en teen ’n verbysterende snelheid, wat net minder as die Gautrein s’n is, sy eerste spreekwoordelike tree gegee het.

Die trein beskik oor die vermoë om ’n snelheid van 132 km per uur te bereik, maar sal waarskynlik nie die spoed haal met sy gewone “oorlaaide vrag” van werkers nie.

Die toetsrit is uitgevoer tussen Wolmerton en De Wildt stasies en gekoördineer deur Prasa.

In die komende maande sal nog toetse, soos remvermoë, draai reaksies, spoed vermeerdering en rygerief vir passasiers uitgevoer word.

Die kontrak om 600 nuwe treine te bou teen ’n beraamde bedrag van R59 biljoen is aangegaan tussen Prasa en Gibella Consortium.

Die trein, met sy blou en silwer afwerking het die toeskouers glo beïndruk, maar politieke waarnemers meen dit is ’n kwessie van tyd voordat die eerste trein in vlamme opgaan wat deur woedende ontevredenes veroorsaak word.