Dit beïnvloed die voedselprys

In ’n tyd van knellende droogtes, ’n swak Rand wat al minder werd word, kan verbruikers kwalik byhou om die ewigdurende prysstygings te absorbeer.

Pryse styg as gevolg van ’n reeks gebeure, wat mekaar opvolg en derhalwe ’n gedurige opwaartse aanpassing veroorsaak.

Die landbouer trek aan die korste ent, want anders as die handelaar bepaal hy nie die prys van sy produk nie, maar moet tevrede wees met wat die handel aanbied.

Die landbouer sit met insetkoste wat elke seisoen hoër is. Goedere wat hy moet aankoop om ’n goeie oes te verseker, is ondermeer plaagbestryding middels, brandstof, kunsmis, meganiese toerusting,, dan is daar nog arbeid en rente op lenings.

Intussen het die handelaars, wat in ’n ry staan, ook sekere faktore wat bepaal dat die prys styg. Hy sit met geboue waarvan die huur verhoog, elektrisiteit, brandstof, duurder arbeid, en talle ander faktore wat uiteindelik uit sy wins betaal moet word.

Die een probleem wat die verbruiker hard slaan, is die ketting-stelsel soos byvoorbeeld rooivleis.

Die landbouer lewer sy vleis aan die slagpale, wat sekere verwerking doen en dit dan aan die groothandelaar verkoop ten ’n wins, en die groothandelaar verkoop aan die kleinhandelaar teen sy wins, en die kleinhandelaar verkoop aan die verbruiker teen ’n wins.

Die drogbeeld dat elkeen ’n klein wins maak, is misleidend, want elkeen het ’n vrag kostes wat uit die wins betaal moet word, en uiteindelik betaal die verbruiker vir almal se uitgawes.

Die landbouer kry ongeveer 30% van die geld wat die verbruiker moet betaal – dit beteken dat die boer slegs R3-00 ontvang uit elke R10-oo wat die verbruiker moes betaal.

Talle ander faktore is verantwoordelik vir prysstygings in voedsel, en behoort verbruikers meer krities teenoor die handelaars te wees, en veel meer simpatie te betoon teenoor die landbouer wat sorg dat ons kos op die tafel het.