Die N1 oorlaai om Mall te besoek

Gister was die opening van die grootste winkelsentrum op die kontinent van Afrika, en daarom is dit ook so gedoop.

Die “Mall van Afrika” wat opgerig is in die Waterval Stad, Midrand, Johannesburg, het derduisende mense gelok op die uitkyk vir ’n eerste-dag winskopie.

Die massiewe winkelsentrum, wat ’n oppervlakte van net meer as 130,000 vierkante meter beslaan, beskik oor meer as 300 winkels.

Die sentrum is selfs groter as die welbekende “Gateway Theatre of Shopping” in Durban, en ook groter as “Canal Walk” in Kaapstad.

Duisende mense het vanoggend vergeet van enige ander verpligtinge, en hulle motors gerig na Midrand, maar moes tevrede wees om ure vasgevang te sit ’n die kruipende verkeer wat veroorsaak is deur die hordes wat ook daarheen onderweg is.

Een winkelier het glo gesê die besoeke van duisende mense laat dit ’n wonderlike dag word vir die winkeldiewe.

Die eerste dag het blykbaar 82,000 besoekers gelok, en die verwagting is dat die langnaweek nog meer mense by die sentrum sal opdaag.