Die DA is ‘n ander ANC

Die ANC het Suid-Afrika oor lang tye probeer beïndruk met die groeikoers wat dan kwansuis die hoogte in sou wees onder hulle bewind.

Toe krimp die groeikoers tot minder as 1%.

Daarna storm die DA se nuwe leier in die bokskryt en vertel kiesers en hoorders van ’n 8% groeikoers wat bereik gaan word onder sy bewind.

En hy gaan Zuma oortref – hy belowe ses miljoen werksgeleenthede, waar die president vyf miljoen belowe het – en daarvan het dadels gekom.

In die nabootsing van die woorde van die Amerikaanse president Ronald Reagan, en die miljardêr Donald Trump, kom die DA mannetjie en bal sy vuiste en sê “let’s make South-Africa great again”

Ons weet almal dat Suid-Afrika op die voorpunt was toe hier nog ’n blanke regering was, waar blankes in beheer van die staatsdepartemente was terwyl wet en orde nog toegepas is.

Toe was apartheid nog hier – toe was die land werklik “great”.

Die DA se leë beloftes is niks anders as wat die ANC en sy kommunistiese meelopers se beloftes is, waarvan niks werklikheid geword het nie.

As dit nie vir die tragiese agteruitgang van die land was nie, kon almal nou met ’n glimlag gestaan het oor die leë beloftes wat die ANC en die verwarde DA aan ’n klomp goedgelowige en oningeligte kiesers verkoop om stemme te kry.

Dit is vinkel en koljander!

Gert Pretorius