Danny-boy weer in die nuus

Port Elisabeth se burgemeester bly in die nuus, hierdie keer het Danny Jordaan ‘n veroordeelde krimineel aangestel as die metro se hoof van veiligheid en sekuriteit.

Lina Mti, vorige kommissaris van Korrektiewe Dienste is deur Jordaan aangestel ten spyte daarvan dat Mti in 2008 skuldig bevind is op klagtes van dronkbestuur en nalatige bestuur van ‘n voertuig.

Sy is ook geimpliseer in sake van bedrog en korrupsie deur die Spesiale Ondersoek Eenheid.

Waarnemers sê Jordaan het waarskynlik gemeen dat sy interne of eerstehandse kennis het van misdaad en so die metro se sake kan beheer.

Die polisie hoof van die metro Pinkie Mathabethe is reeds in 2014 aangestel en ontvang sedertdien salaris alhoewel sy geen polisie opleiding het  nie.

Foto –  Danny Jordaan